Trompie die kragman (#7)【電子書籍】[ Topsy Smith ]
<p>Dawie se ouers gaan vir drie maande weg en hulle oorweeg dit om hom by Trompie-hulle te laat bly, maar daar kom moles met ’n donkie en die koshuis is arme Dawie se voorland. Die seuns is nou in graad nege en die skoolhoof vermaan hulle om ernstig te begin leer en te vergeet van dinge soos bendes. Gaan dit die einde van Kwaggaberg se beroemde Boksombende wees? Trompie lees ’n advertensie waarin ’n kragman beweer mans wat sy spierboukursus doen, sal deur meisies bewonder en deur vyande gevrees word. Die Grootkaptein besluit dit is presies wat hy in sy lewe nodig het en bewys weer eens wat ’n entrepreneur hy is wanneer hy ’n slim plan prakseer om vir die spierdier se oefenapparaat te betaal. Tussen dit alles deur moet ons held ook nog vir Katrien wat hom altyd met sy huiswerk help tevrede hou en ’n nuwe boelie by die skool op sy plek sit.</p>画面が切り替わりますので、しばらくお待ち下さい。 ※ご購入は、楽天kobo商品ページからお願いします。※切り替わらない場合は、こちら をクリックして下さい。 ※このページからは注文できません。
💰 価格: 953円
⭐ 評価: 0.0 (0件)
🏠 ショップ: 楽天Kobo電子書籍ストア